Tassenburger NWU-Pukke Veritas Manskoshuis Nuusbrief

Koshuisete 2017

Die jaarlikse koshuisete is vanjaar in Dampad gehou.

Die ete is gevolg deur ʼn kuier in die klubhuis waar vriendskapsbande verder versterk is.

Die nuwe koshuisfamilies het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om mekaar bietjie beter te leer ken.

Die huidige inwoningsbeampte, Hannelie de Beer (Tannie Hannas), en haar man, Freddie, het ook hierdie ete meegemaak.

Eerstejaarskonsert 2017

Veritas wen vanjaar vir die tweede jaar in ‘n ry die eerstejaarskonsert. Kasteel (Ver-my-gesteel) en Wag-ʼn-Bietjie (VERaltyd-en-‘n-BIETJIE) was die sleepkoshuise in 2016 en 2017, onderskeidelik. Die tema van vanjaar se eerstejaarskonsert was “Spookhuis”.

Twee weke se klipharde oefening is beloon met die wennerstrofee. Ugo Louw (Veritas HK:Kunste) en Deidre Bothma (Wag-ʼn-Bietjie HK:Kunste) se beplanning, koördinering en harde werk was duidelik sigbaar in die eindproduk.

JOOL 2017
Vanjaar se vlot het gespog met ʼn popkop van Kahn Morbee, die hoofsanger van “The Parlotones”. Veritas se koshuisvader, Duane Aslett, het gereël dat Kahn sy popkop wel kon besigtig by die VIP-area op die Joolplaas. Dantie Terreblanche (Wag-ʼn-Bietjie) het die popkop gekerf.
Die algehele tema by JOOL was “dysfunctional”.
VERaltyd-en-‘n-BIETJIE se popkoppe het karakters ingesluit soos Mad Hatter, Tazz, Sherlock Holmes en Jack Frost, wat almal maar ʼn klein bietjie mal en “dysfunctional” is.

Werner Pretsch (Veritas HK:JOOL) en Simone Vos (Wag ‘n Bietjie HK:JOOL) was vanjaar aan die stuur van vlotsake.

Reg vir Vlotoptog

Korfbal 2017

Veritas stap vanjaar weg as die wenners van korfbal koshuisliga. Te midde van ʼn propvol studenteprogram het RP Campher (Veritas HK:Sport) sy span gelei om die korfballiga oortuigend te wen.

Hoenderbraai 2017

Een van die oudste tradisies in Veritas is natuurlik die jaarlikse hoenderbraai.

Hierdie tradisie is so gewild dat dit oor die jare uitgebrei is tot ʼn hele naweek van hoenders braai en kuier in die klubhuis!

ʼn Hoenderbraai is natuurlik ook nie ʼn hoenderbraai sonder die bekende hoendergeveg nie. Juan Booysen (Veritas HK:Sosiaal) en sy komitee het verseker dat die manne hulleself gate uit kon geniet.

Toe en Nou

Baie dinge het verander in 35 jaar, soos gesien kan word in hierdie spieëlbeeldfoto. Die boonste foto is van die heel eerste eerstejaarsgroep in 1982 saam met die huisvader, prof. Deon de Klerk (afgetrede dekaan van ekonomiese en bestuurswetenskappe) en die huiskomitee. Die onderste foto van die 2017 eerstejaarsgroep en HK is geneem in die ontspanningsaal voor die Eerstejaarsdinee.

Ons sal grag met jou in kontak wil bly veral oor die 35 Jaar Veritas Reünie wat van 25-27 Augustus 2017 plaasvind. Dateer asb jou inligting op:

Bly op datum van die nuutste gebeure van wat in Veritas gebeur deur ons op Facebook te like:

So lyk die koshuis nou:

Report Abuse

If you feel that this video content violates the Adobe Terms of Use, you may report this content by filling out this quick form.

To report a Copyright Violation, please follow Section 17 in the Terms of Use.