Loading

Die ander presidentskandidate Dié vyf kandidate het nie genoeg steun gehad om werklik 'n invloed op die uitslag van die ANC-presidentsverkiesing te hê nie.

Baleka Mbete

Die 68-jarige Mbete is die uittredende nasionale voorsitter van die ANC en speaker van die Nasionale Vergadering.

Mbete was in ballingskap ten tyde van die ANC se vryheidstryd. Sy is al sedert 1994 ’n parlementslid en was visepresident toe Kgalema Motlanthe as president waargeneem het ná die herroeping van Thabo Mbeki in 2008. Sy was van 2004 tot 2008 ook die speaker van die Nasionale Vergadering.

Dr. Zweli Mkhize

Mkhize (61) is die uittredende tesourier-generaal van die ANC.

Hy is aan die destydse Universiteit van Natal as mediese dokter opgelei voordat hy weens apartheid na Swaziland en uiteindelik Zimbabwe uitgewyk het. Mkhize is ’n voormalige premier van KwaZulu-Natal en word deur baie mense beskou as ’n moontlike kompromiskandidaat. Hy is ’n uitgesproke kritikus van faksievorming in die ANC. Mkhize was die afgelope agt jaar kanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Mathews Phosa

Phosa (65) was premier van Mpumalanga onder die presidentskap van Nelson Mandela.

Hy was ook al tesourier-generaal van die ANC en ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Phosa, ’n prokureur, sakeman en boer, was een van die eerste ANC-lede wat ná die party se ontbanning in 1990 uit ballingskap na Suid-Afrika teruggekeer het om die onderhandelinge met die NP-regering te begin.

Jeff Radebe

Radebe (63) is die enigste minister wat in die kabinet van Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe én pres.Jacob Zuma gedien het.

Dié veteraanpolitikus is tans minister in die presidensie. Hy het vroeër gedien as minister van openbare werke, minister van openbare instellings, minister van vervoer, en minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling. Hy het ook waargeneem as minister van gesondheid. Radebe, wat ook in ballingskap was, het tien jaar tronkstraf op Robbeneiland uitgedien.

Lindiwe Sisulu

Sisulu (63), dogter van die ANC-strugglehelde Walter en Albertina Sisulu, is tans die minister van menslike nedersettings.

Sy is ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Sisulu is in die 1970’s aangehou weens haar anti-apartheidsdade en is in die buiteland opgelei as ’n lid van die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto weSizwe, se intelligensie-eenheid. Sy was vroeër minister van verdediging en adjunkminister van binnelandse sake.

Created By
Theuns Kruger
Appreciate

Credits:

www.grafika24.com

Report Abuse

If you feel that this video content violates the Adobe Terms of Use, you may report this content by filling out this quick form.

To report a Copyright Violation, please follow Section 17 in the Terms of Use.