Popster Probleme Lucca naudé

Suné was ‘n een-en-twintigjarige popster wat in ‘n paleis gewoon het in New York. Sy het alles besit wat haar hart begeer, met al die geld in die wêreld. ‘n Helder pienk Ferrari, diamant juwele, ‘n deftige seiljag, haar eie privaat straler, ‘n eiland in Seychelles, persoonlike sjefs en ‘n supermodel kêrel.

Suné was ‘n baie vriendelike, slim en pragtige meisie, maar sy het een groot problem gehad. Niks was ooit vir haar genoeg nie, sy wou elke dag net nog en nog en nog hê. Sy het so gewoond geraak daaraan om alles te kan kry wat haar hart begeer, dat sy “verslaaf” geraak het daaraan om gedurig nuwe dinge te koop. Sy het later so baie goed gehad, dat sy nie meer idees oorgehad het van wat sy wil hê nie.

Op ‘n partytjie een aand, hoor sy iets wat haar aandag geprikkel het. Sy het ‘n vriend hoor praat van ‘n moontlikheid om op Mars te gaan woon. Dit het vir Suné onweerstaanbaar geklink, aangesien sy al reeds verveeld was met haar nuwe eiland.

Sy het haar vriend meer gaan uitvra oor die geleentheid om op Mars te gaan woon, maar hy het haar gewaarsku dat dit iets onwettig behels. Dit het net haar aandag nog meer geprikkel! Om die kaartjie na Mars te kry, het ‘n suksesvolle dwelmhandeling vereis. Eers het sy getwyfel, maar het haarself baie vinnig oortuig dat dit nie so erg was nie. Die adrienalien inspuiting wat sy hiervan gekry het, was net te oorweldigend en sy het weereens gevoel niks kan in haar pad staan van geluk nie. Sy het besluit om die dwelmtransaksie te doen om sodoende haar kaartjie na Mars te wen!

Ongelukkig het alles nie volgens plan verloop nie en Suné is uitgevang tydens die dwelmtransaksie. Sy is tronk toe gestuur en het alles verloor. Haar beroep, haar geld en haar vriende. Toe sy na 2 jaar uit die tronk kom, het sy geen kwalifikasie, geld of inkomste gehad nie.

Sy het niks oorgehad nie, net omdat sy altyd te veel wou hê en te gulsig was.

Die les van hierdie storie is dat gierigheid 'n mens met niks laat opeindig.

Made with Adobe Slate

Make your words and images move.

Get Slate

Report Abuse

If you feel that this video content violates the Adobe Terms of Use, you may report this content by filling out this quick form.

To report a Copyright Violation, please follow Section 17 in the Terms of Use.